Mattee, Dalene

 

Dalene Matthee (1938 – 2005)

Matthee, Dalene
Die skrywer Dalene Matthee, uit wie se pen 13 boeke verskyn het, is veral bekend vir haar vier “Bosboeke” wat in die Knysna-bos afspeel: Kringe in ‘n bos, Fiela se kind, Moerbeibos en Toorbos.

Dalene is in 1938 op Riversdal in die Suid-Kaap, Suid-Afrika, gebore. Sy begin haar skryfloopbaan met kinderstories en kortverhale, en pak haar eerste groot roman aan ná ‘n staptog in die Outeniqua-staproete by Knysna. Haar nuuskierigheid oor die Bos lei tot ‘n reis deur dié inheemse woude se verlede en verhale om só genoeg stof vir vier boeke bymekaar te maak.

Elke boek is deur deeglike navorsing voorafgegaan. Haar boeke is in 14 tale vertaal, en Kringe in ‘n bos en Fiela se kind word reeds vir meer as 20 jaar as voorgeskrewe boeke in skole gebruik. Haar werk is onder meer met die ATKV Prosa-toekenning (4 maal), die Suider Afrikaanse Instituut vir Boswese-toekenning (2 maal), die Switserse Stab-toekenning en die Departement van Kuns en Kultuur se SA Literêre Toekenning (postuum) bekroon. Sy is ook die enigste Afrikaanse skrywer van wie meer as 1 miljoen boeke in Afrikaans in Suid-Afrika verkoop is.

Sy is op 20 Februarie 2005 oorlede en ‘n gedenksteen is vir haar in die Knysna-bos opgerig.

 www.dalenematthee.co.za

Dalene Matthee se Boeke :

Die Twaalfuurstokkie (1970)

Die Judasbok (1982)

‘n Huis vir Nadia (1982)

Petronella van Aarde Burgemeester (1983)

Kringe in ‘n bos (1984)

Fiela se kind (1985)

Moerbeibos (1987)

Brug van die esels (1993)

Susters van Eva (1995)

Pieternella van die Kaap (2000)

Toorbos (2000)

Die uitgespoeldes (Postuum – [na haardood] 2005)