Steyn, Piet

 

 

Piet Steyn

Foto: Erkenning aan Volksblad: http://www.volksblad.com/nuus/2013-05-10-skrywer-sterf-nadat-hy-radiodrama-voltooi-het

Die skrywer Piet Steyn is op 9 Mei 2013 skielik oorlede. Piet het in 2007 sy debuut gemaak met die boek Snoeisker. Hy het met hierdie debuutboek vir altyd vir hom ‘n merk gemaak in die speurverhaalgenre. Die boek is opgevolg deur Bottelnek, Tou en Tik. Hy was blykbaar halfpad met sy 5 de roman, Bloed toe hy skielik aan ‘n beroerte oorlede is. Steyn was jare lank skoolhoof op Vrede waar hy Wiskunde as vak aangebied het en ook ‘n befaamde rugbyafrigter was. Piet, ons gaan jou verseker mis.