Pieter W Grobbelaar
  • Chrisna
  • 27/02/2018
  • Kommentare af op Pieter W Grobbelaar

Skepper van Jakkals- en Wolfstories oorlede Pieter Willem Grobbelaar is op 25 Desember 1930 in Bloemfontein gebore, waar hy ook gematrikuleer het aan die Sentraal Hoërskool.  Hy studeer Filosofie aan die Universiteit van die Oranje Vrystaat en behaal ‘n doktorsgraad aan die Universiteit van Stellenbosch, waar hy ook ‘n professor was in die Departement van Afrikaanse…

Schalkie van Wyk
  • Chrisna
  • 27/02/2018
  • Kommentare af op Schalkie van Wyk

24 Oktober 1940 – Schalkie van Wyk Louié Schalkie van Wyk is op 24 Oktober 1940 in Bloemfontein gebore en woon vandag in Johannesburg. Sy sê haar geboorte was ’n rampspoedige gebeurtenis, want sy moes ‘n seun gewees het. Die sproete op haar neus het sy al by geboorte gehad, en dat sy meer plooie…

Piet Steyn
  • Chrisna
  • 27/02/2018
  • Kommentare af op Piet Steyn

Die skrywer Piet Steyn is op 9 Mei 2013 skielik oorlede. Piet het in 2007 sy debuut gemaak met die boek Snoeisker. Hy het met hierdie debuutboek vir altyd vir hom ‘n merk gemaak in die speurverhaalgenre. Die boek is opgevolg deur Bottelnek, Tou en Tik. Hy was blykbaar halfpad met sy 5 de roman, Bloed toe hy skielik aan ‘n beroerte…

JEUGSKRYWER Martie Preller 
  • Chrisna
  • 18/02/2018
  • Kommentare af op JEUGSKRYWER Martie Preller 

JEUGSKRYWER Martie Preller 2 November 1948 Sy is so verfrissend aards… en steeds verwonderd oor die lewe! Martie Preller is ‘n geliefde en bekroonde kinder- en jeugboekskrywer. Hierdie skepper van Balkie, Babalela en ‘n magdom onvergeetlike karaktertjies wat volksbesit geword het, is verfrissend aards oor skrywerskap. Martie reken ons is almal skrywers, dat ons lewens stories…

PH Nortjé (20 Oktober 1920 – 6 Julie 2012)
  • Chrisna
  • 09/02/2018
  • Kommentare af op PH Nortjé (20 Oktober 1920 – 6 Julie 2012)

Foto uit: Van Patrys-hulle tot Hanna Hoekom Peter Henry Nortje is op 20 Oktober 1920 op die plaas Klipfontein in die wyk Baviaanskloof, distrik Willowmore in die Oos-Kaap gebore. Dié plaas was deel van die vroeëre Sewefonteint in die Baviaanskloof waar soveel van sy vertellings afspeel.  Hy matrikuleer op Willowmore en studeer aan die opleidingskolleges in…

Dalene Matthee (1938 – 2005)
  • Chrisna
  • 09/02/2018
  • Kommentare af op Dalene Matthee (1938 – 2005)

    Dalene Matthee (1938 – 2005)   Die skrywer Dalene Matthee, uit wie se pen 13 boeke verskyn het, is veral bekend vir haar vier “Bosboeke” wat in die Knysna-bos afspeel: Kringe in ‘n bos, Fiela se kind, Moerbeibos en Toorbos. Dalene is in 1938 op Riversdal in die Suid-Kaap, Suid-Afrika, gebore. Sy begin haar skryfloopbaan met kinderstories en…

ILLUSTREERDER Katrine Harries (1914 – 1978)
  • Chrisna
  • 06/02/2018
  • Kommentare af op ILLUSTREERDER Katrine Harries (1914 – 1978)

Wie onthou nou nie die Rivierplaas en Katrientjie boeke van Alba Bouwer nie? Ek wonder soms hoeveel het die sketse meegehelp aan die wonderlike nostalgiese herinneringe aan klein Ali, ou Melitie, Katrientjie en Abdoltjie nie…  Sonder die sketse sou daar ‘n ander atmosfeer gewees het maar nou dra hierdie pragtige tekeninge van Katrine Harries grootliks…