Brandhout uit die vuur / Lassie Hofmeyr

  • Chrisna
  • 20/11/2017
  • Comments Off on Brandhout uit die vuur / Lassie Hofmeyr
  • Boekbespreking

Brandhout uit die vuur:  Die aangrypende geskiedenis van ‘n hedendaagse geloofmonument – die verhaal van die Maria Kloppers Kinderhawe

deur Lassie Hofmeyr

Brandhout uit die vuur

Maria Kloppers het al as jong meisie die dringende behoefte gehad om te dien en vir die Here te werk.  Dit was juis in hierdie tyd dat ds AP Kriel iemand nodig gehad het oma as sendingdame in fordsburg te help. Toe sy destyds die werk by ds Kriel kry, was dit ‘n blye dag om haar werk buite die ouerhuis te begin. Die Maria Kloppers kinderhawe sou eers later jare tot stand kom en eers onlangs het dié tehuis en die Abraham Kriel kinderhuis saamgesmelt.

Een staaltjie wat my bybly uit die boek is die storie van ‘n vooraanstaande moeder wat gebel het om te hoor of die Kinderhawe hul tienerdogter se baba kan aanneem. Maria het ingestem, mits die moeder self die baba bring, want dan het sy die geleentheid om die jong moeder te bearbei. Dit het toe so gebeur en Maria het die moeder na Jesus gelei en die kindjie is in die tehuis opgeneem. ‘n Paar jaar later het sy ‘n brief van die moeder ontvang om te vertel dat ‘n man haar gevra het om te trou en sy raad nodig het oor hoe sy hom van die baba moes vertel. Maria het haar weer begelei en later kry sy die briefie wat vertel dat die man, nadat hy die nuus van die baba gehoor het, gesê het dat jy net oor eers die saak wou bid… Hy het kort daarna teruggekom en gesê dit sal so hoort dat hulle twee die baba moet grootmaak. So het die jong moeder en haar man, haar baba gaan haal om haar self groot te maak. Die eerste aand tydens huisgodsdiens by hul huis en as nuwe gesinnetjie, vra die pa watter psalm hul sal sing. Die dogtertjie, Marietjie wat toe 5 jaar oud was, roep dadelik uit “Prys die Heer” – dis Psalm 23. Die moeder en haar man kon glad nie die psalm klaar sing nie soos hulle hul trane probeer wegsluk het. Die kleine Marietjie het die psalm gesing tot aan die einde. Later het die moeder vir Maria geskryf dat sy die Here innig dankbaar is vir Maria se werk in die tehuis en dat hulle haar dogtertjie van Jesus geleer het en haar as moeder van Jesus vertel het.

 

Maria Kloppers

 

 

 

 

 

 

 

‘n Jong Maria Kloppers

Maria Kloppers ou vrou

 

 

 

 

 

 

 

Bejaarde Maria Kloppers wat vir vele kinders Mamma sou heet.