André P. Brink was op 29 Mei vanjaar 78 jaar oud.
Brink is veral bekend vir sy verbintenis met Ingrid Jonker in die sestigers. Dis ook bekend dat hy en Ingrid die boek Orgie saam geskryf het. Ander boeke van Brink wat baie bekend is, is Oomblik in die wind en Die kreef raak gewoond daaraan. Hy is skrywer met ‘n groot oeuvre en meeste van sy boeke is ook in Engels, Frans en Spaans vertaal. Sy outobiografie se naam is Vurk in die pad.
André P Brink
Foto:
Erkenning aan www.bookslive.co.za
Brink is ook ‘n vertaler van formaat. Een van sy vertalings wat baie gewild is,
is die boek oor Don Quijote, die vindingryke ridder.