Ella Eloff-van der Walt

 

Eloff-Van der Walt, Ella

 

Ella Eloff-van der Walt is gebore op 12 Oktober 1906.  Sy kom oorspronklik van Rustenburg en het later jare gestudeer aan aan die Normaalkollege  en die PUK op Potchefstroom.  Sy is getroud met ds. S.J. van der Walt, predikant van die Gereformeerde Kerk op Brakpan. Hulle het een dogter, Elsa. As pastoriemoeder, leidster en raadgewer van die susters, volg sy ‘n baie bedrywige program maar vind tog nog tyd vir skryfwerk ook.  SY was ook lid van die Vroue Landbou-Unie.  Sy is besonder lief vir blomme.

 

“Niemand het my ooit aangemoedig om te skryf toe ek op skool was nie, verklaar Ella.” Haar eggenoot is haar vernaamste kritikus en voordat sy ‘n boek die wêreld instuur, moet hy eers sy goedkeuring daaraan heg.

 

Uit die pen van Ella Eloff-van der Walt het verskeie liefdesromans verskyn soos:

Anker van die lewe (1941),

Donker skaduwees (1943)

Tersia (1939)

Weerklank van die klowe (1944).

Tussen die tuine (1939)

Dwaalligte in die vleie (1954)

Verkeerde liefde (1945)

‘n Skugtere bloeisel (1951)

Najaarsrose (1945)

Op ‘n vinnige wolk

Waterlose fonteine

Die twee weë

Inligting verkry uit Hier is ons skrywers: biografiese sketse deur PJ Nienaber (1947)