Hoe werk die webblad?

Wanneer 'n boek verkoop is op die aanlynwinkel, bly die foto en inligting rakende die spesifieke boek op die aanlynwinkel,  maar die inkopiemandjie en die prys word nie aangedui nie en die boek word gelys as OUT OF STOCK. Die opsommende inligting van elke boek dien dan as databasis vir inligting oor die boek en waaroor die boek gaan. Wanneer u graag 'n boek soek en dit word aangedui as "OUT OF STOCK", kan u my net laat weet dat ek kan uitkyk vir nog 'n eksemplaar daarvan.

Die aanlynwinkel werk baie eenvoudig en vereis slegs u adres inligting, telefoonnommer en eposadres wat als benodig word om met 'n kliënt te kommunikeer. Ons waarborg dat u inligting uitsluitlik vir die doeleindes van die Kakkerlak webblad gebruik sal word en verseker nie aan andere verskaf sal word nie.

Watter koerier moet ek kies?

Wanneer u 'n boek(e) op die aanlynwinkel bestel, sal u wanneer u die aankoop wil voltooi, die verskillende koerieropsies sien. Maak seker dat u die regte opsie kies. Fastway lewer net af in hoofsentra. Klein dorpies word met groot vrug bedien deur Pargo. U kan op Pargo se webblad (www.pargo.co.za) u dorp se naam gaan intik, en self kyk by watter winkels of vulstasies pakkies afgelaai word.

Nog 'n opsie wat fantasties werk veral vir die platteland, is Paxi wat van Pep stores na Pep stores gestuur word en lekker goedkoop is maar die wagtydperk is effens langer.

Ons onderneem om u bestelling so gou moontlik te stuur hetsy via die poskantoor of met 'n koerier. Die verskillende opsies is mooi uiteengesit in die aanlynwinkel sodra u u bestelling voltooi. Daar word voortdurend met u gekommunikeer oor die stand van sake van u bestelling.

Wat is die aankoopbeleid van ou boeke?

Ek weet nie wat aangaan in die wêreld nie, maar ek kry weekliks oproepe van mense wat 'n massa boeke wil verkoop.  Ek het nie meer plek vir 'n muis in my boekwinkel nie, en koop dus net aan wat my kliente benodig, maar indien u 'n lys van u boeke stuur, maak dit die herverkoop daarvan baie makliker. As ek nie van u boeke kan aankoop nie, kan ek egter die lys na al my boekhandelaarvriende aanstuur.

Dit vat baie tyd en energie om boeke te lys, maar GLO MY - maak daardie lys en ons kan jou help...