ILLUSTREERDER Katrine Harries (1914 – 1978)

  • Christien Swart
  • 06/02/2018
  • Comments Off on ILLUSTREERDER Katrine Harries (1914 – 1978)
  • Illustreerder

Wie onthou nou nie die Rivierplaas en Katrientjie boeke van Alba Bouwer nie? Ek wonder soms hoeveel het die sketse meegehelp aan die wonderlike nostalgiese herinneringe aan klein Ali, ou Melitie, Katrientjie en Abdoltjie nie…  Sonder die sketse sou daar ‘n ander atmosfeer gewees het maar nou dra hierdie pragtige tekeninge van Katrine Harries grootliks by tot die mooi herinneringe van soveel lesers!

Dis hoogtyd dat die beskeie persoonlikheid van Katrine Harries, bietjie meer bekendstelling kry.  As ingetoë mens was sy onopvallend, maar haar spesifieke skeppende talent, soos dit in boekillustrasies verskyn het, het landswyd harte verower. Dit is juis die onpretensieuse aard van haar illustrasies wat ‘n diep menslike kwaliteit besig en dit vir ieder toeganklik maak. Tog het die hoë kunswaarde van haar werk nie skade gely nie en word sy as een van die belangriker Suid-Afrikaanse kunstenaars beskou. (G.M. de Waal op die flapteks van Lettie Bock in die omnibus deur Alba Bouwer.)

Katrine Harries is in Berlyn, Duitsland in 1914 gebore. Haar ouers was beide kunstenaars, alhoewel haar vader oorlede is twee weke voor haar geboorte. Sy bly saam met haar moeder in Berlyn en verlaat Nazi Duitsland in 1939 tydens die oorlog en gaan woon dan in Kaapstad. Die oorlogsjare wat moeilike tye maar onder Bernard Lewis se wakende oog het sy as illustreerder gewerk vir tydskrifte soos, “Sarie Marais” en “Die Huisgenoot”.

Die eerste boeke wat sy geïllustreer het, was onder andere “Cape Country” – African Bookman 1946; “Stories van Rivierplaas” – Nasionale Pers 1955; “Traditional Cooking of the Cape Malays” – Balkema 1957 en “Dwaalstories” – by Eugene Marais, 1959.

In 1950 is Katrine Harries aangestel as ‘n deeltydse dosent in etse en litografie by die Michaelis School in Kaapstad.  Sy het letterllik die Departement van Tipografie daargestel en was daar ‘n voltydse dosent vanaf 1960.

Sy wen in 1952 die “Cape Tercentenary”-Toekenning vir Litografie.  Vier jaar kort na mekaar (1964, 1969, 1974 en 1977) wen sy haar SA Biblioteekvereniging se Hoogenhout-prys, wat ter ere van haar prestasies, kort voor haar dood na haar vernoem is.

Haar eerste gekleurde illustrasies verskyn in “Die Mooiste Afrikaanse Sprokies” by PW Grobbelaar, Human & Rousseau.

Haar studio werk het ingesluit:  litografie en steenkoolsketse en sy het boonop selfs ‘n hele paar portretstudies voltooi, wat letterlik na haar dood eers bekend geword het. Hier is maar een voorbeeld hieronder:

“Selfportret – Katrine Harries”

Vir haar leidende bydrae tot die land se boekillustrasie-kuns het Harries dan ook vanaf 1952 ‘n reeks toekennings en pryse verower, waaronder die Ere-medalje vir Grafiese Kuns van die SA Akademie in 1977. Sy het voorts verskeie kere aan groot internasionale uitstallings deelgeneem. Sy tree kort hierna af as gevolg van siekte en sterf twee maande later in 1978.

Die onderskeie boeke waarin haar mooi illustrasies te siene is, is :