P.G. Hendriks (alias Pieter Pistorius)

P.G. Hendriks is die skuilnaam van Pieter Pistorius. Hy is gebore op 19 September 1920 op Rhenosterpoort 402 in die distrik Waterberg, waar sy vader hoof was van ‘n plaasskooltjie.
Hy matrikuleer aan die Pieterburgse Hoërskool en word as onderwyser opgelei aan die Pretoriase Normaalkollege en Universiteit van Pretoria.Al skoolhouende studeer hy verder, en behaal hy met deeltydse studie die graad B.A. Hons. in Afrikaans, onder leiding van C.M. van den Heever, aan die Universiteit van die Witwatersrand en onderneem nagraadse studie in die Opvoedkunde aan U.P. en P.U. vir C.H.O.

Leave a Reply