Agter die lekker aan deur Dine van Zyl

R180.00

Agter die lekker aan

“Agter die lekker aan” is vir mense wat hunker na regte kos. Mense wat gerus voel as skaapskenkels op die stoof stowe, karringmelkpoeding in die oond bak en appelkose soos jongmeisieboudjies stuitig in die witblits lê.

As jy ver paaie loop en die sagte gesing van ‘n ribbetjie op die kole hoor, of die wasige geur van ryp perskes ruik, of ‘n potjie sien prut en skelmpies ‘n salige stukkie proe, dan onthou jy wat saak maak in die lewe. Kos wat nie net op die tafel verskyn nie, maar waarvan jy die skeppingsproses ervaar het – van die pluk, tot die skil, toto die kook, tot die eet.

“Agter die lekker aan” is vol staaltjies en resepte, wenke en humor. Dine van Zyl vat die smul-leser op ‘n nostalgiese toer deur die kos wat ons liefhet en die dinge wat vir ons saak maak.

1 in stock

SKU: KOO.NUUT Category:

Description

Uitgegee deur Dine van Zyl Publikasies

Herdruk 2014

Splinternuut en geteken deur skrywer

Sagteband boek

R180