Al Everest se voëls deur Rona Rupert

R120.00

“Everest kan nie goed sien nie, al dra hy ‘n bril.” Hy moet sy gesig baie naby iets hou om dit te kan uitmaak. En hy is nog klleurblind ook. Maar blou en geel kelure kan hy goed sien. Daarom is hy so bly oor die blou budjie (tipe voëltjie) wat oom Raymond vir hom gekoop het. Die voëltjie kom in die kou wat Everest se broer Elbert langs die pad opgetel het… Al Everest se voëls is ‘n werk met ‘n oorspronklike, gewone intrige, interessante karakters, innige menseverhoudinge, en ‘n diepte wat verskuil is onder die oppervlak van die gebeure. Dit alles word met ‘n fyn kunstenaarshand hanteer en juis daarom word dit ‘n besondere verhaal vir ongeveer 7-10 jariges.

1 in stock

SKU: KIN.LIN.015/6/12/23(SUR) Categories: , Tags: , , , ,

Description

Uitgegee deur Human & Rousseau Uitgewers

Eerste uitgawe, tweede druk 1988

Hardeband met effense verweer op hoeke, ligte merke op voor en agterblad, geskrewe pen op voorste binneblad

Illustrasies deur bekroonde illustreerder Alida Bothma.

Hierdie boek verwerf die MER-Prys vir Jeuglektuur in 1985.