Arend van As / Cor Dirks

R70.00

Arend van As het nooit kon dink toe hy daardie middag aan die deur van Eeufeesgebou 33 klop, dat daar ‘n deur na ‘n ander lewe vir hom oopgemaak sou word nie.

Arend van As, geëerde, alombeminde bankbestuurder en sakeman het jare lank elke dag dieselfde paadjie werk toe gestap. Een more het hy om geen verklaarbare rede, afgewyk  van sy gewoonte  – sy lewe was daarna nooit weer dieselfde nie.

Geslinger tussen sy gevoelens vir twee vrouens – die beeldskone selfsugtige Gerda Storm en die karaktervolle, beginselvaste Leonora Mouton, worstel Aren sy dae deur.

Maar op ‘n dag lees hy ‘n artikel oor sampioene … en paddastoele – soms moeilik om te onderskei die een is eetbaar , die ander ‘n dodelik gif…

Hoever sal die liefde ‘n man dwing om die voorwerp van sy aanbidding te besit? Watter verband is daar tussen die grysaard in die kranksinnige gestig, die klein mannetjie met sy fyn hande wat tot ‘n moordende wurggreep in staat is … en Arend van As? ‘n Spanningsverhaal soos min uit Cor Dirks se pen.

1 in stock

SKU: FD.SHR.008/10/17 Categories: ,

Description

Uitgegee deur Nasionale Boekhandel Beperk

1951

Hardeband sonder stofomslag, boek nog in redelike netjiese en stewige toestand,  het egter ‘n vuil merk op voorblad en skimmelvlekkies op binne titelbladsy