Bartho / saamgestel deur Chris Barnard

R100.00

Hierdie boek is uitgegee by geleentheid van Bartho se sestigste verjaarsdag.

Herinneringe en sketse oor Bartho van verskeie skrywers soos Jan Rabie, Nel Erasmus, Chris Barnard, Abraham de Vries, WF van Rooyen, Rosa Keet en André P Brink.

Bartho Smit is op 15 Julie 1924 op Klerkskraal in die Wes-Transvaal gebore as seun van ‘n polisieamptenaar. As jong seun wou hy bokser word en in sy jare op hoërskool leer hy die sweet en harpuis en die pyn en die oorwinning van die amateurkryt goed ken. Maar dit was slegs voorbereiding vir ‘n ander soort styrd wat hy sy lewe lank sou voer: die stryd met die woord. Hy word student van die wysbegeerte en die teater, later joernalis, uiteindelik uitgewer, Vader van die Beweging van die Sestig. Maar veral word hy dramaturg van enkele van die mees omstrede en verdienstelike verhoogstukke in Afrikaans.

Out of stock

SKU: BIO.SUR.001/2/18 Category:

Description

Uitgewer: Perskor

Datum: Eerste uitgawe eerste druk 1984

Toestand: Hardebanda met mooi swart en foto op voorblad van Bartho Smit, behalwe vir stempel op titelblad is boek nog in puik toestand met hier en daar ‘n swart en wit foto

Omslagfoto: Deur Nato Barnard