Ben-Hur / Lewis Wallace

R110.00

Ben-Hur het vir die eerste keer in 1923 in Afrikaans verskyn. Dit was ‘n vertaling uit die oorspronklike deur wyle dr. H.A. Steyn. Die huidige boek is ‘n heeltemal hersiene en verwerkte uitgawe van hierdie eerste Afrikaanse druk

Lewis Wallace is in 1827 gebore en het as advokaat in Indianapolis, VSA, gepraktiseer. Met die uitbreek van die Amerikaanse Burgeroorlog het hy met onderskeiding as offesier in die lëers van die Noordelike State gedien en opgegaan tot die rang van generaal-majoor. Hy was o.a. ‘n lid van die krygsraad wat die samesweerders by die moord van President Lincoln verhoor het. Van 1878 0 1881 was hy goewerneur van die staan New Mexico en van 1881-1885 was hy Amerkaanse gesant in Turkye. Dit was in hierdie jare dat sy bekende boek Ben-Hur verskyn het. In dieselfde jaar skryf hy ook A tale of the Christ. As skrywer was hy reeds bekend vir sy boek The Fair God wat in 1873 gepubliseer is. Twintig jaar later verskyn sy laaste werk, The Prince of India. Wallace is in 1905 oorlede.

Out of stock

SKU: FIKSIE.JVW/2/18 Category:

Description

Uitgewer:  J.L. van Schaik Beperk

Datum: Tweede druk 1963

Toestand: Hardeband sonder stofomslag, vuil kol op die eerste paar titelbladsye voorin boek

Reeks: Deel V van die Libri-reeks van klassieke Jeuglektuur

Vertaling: deur Dr. H.A. Steyn