Bennie-Boet / Sita

R60.00

Vir Bennie-Boet, Karel Kruger se petieterige 15-jarige seun, was sy pa die wonderlikste man op aarde. H yhet hom aanbid, maar ook gevrees.

Vader en seun kon mekaar nie verstaan nie. Bennie-Boet het sy oorlede moeder se kunssinnigheid geërf en geen erg aan die boerdery gehad nie. Hy wou beelde maak, wonderlike beelde soos die van kunstenaars waarvan hy gedurige maar gelees en gedroom het. Dit was net ou Fieland, juffrou Wessels, sy suster Anna en natuurlik ou Snoepie wat die plaaslewe vir hom draaglik gemaak het.

Hierdie onverskilligheid van sy enigste seun was vir Karel onbegryplik. ‘n Seun is daar om jong osse in te breek, perde te tem, raak te vat en reg te vat! Wat  se gedurige kleibeelde maak is dit dan met Ben!

Vir geen oomblik het hy gedink dat daardie skraal seunshande wat sy sku was vir kopspelende perde en die jong osse, eendag harde marmer tot ‘n beeld met ‘n “siel” sou kon breek nie. Hierdie dinge het Karel Kruger nie verstaan nie – sou hy nie begryp nie.

Maar die dag toe hy wel begryp het, die dag toe hy Bennie-Boet se beeld vernietig en die tenger seun met vuur in sy oë uitgeroep het: “Ek haat jou!” was dit te laat, want Ben het verdwyn…

Sita vertel hierdie verhaal met insig en deernis. Die spanning van die soektog na die vermiste seun, die een emosiebelaaide bladsy na die ander word op treffende wyse deur hierdie ervare skryfster uitgebeeld…

 

Out of stock

SKU: JEUG.TBT.039/6/23; JEUG.ROO.006/1/18 Category: Tags: , ,

Description

Uitgewer: Voortrekkerpers

Datum: Tweede druk 1971

Toestand: Hardeband met mooi netjiese stofomslag, boekinhoud skoon en mooi