Bestemming Xenos deur Helena Hugo

R75.00

Annelida van Atlantis was die ongelukkigste meisie op aarde – tot sy Doran van die planeet Xenos ontmoet. Om saam met hom en sy robot, Alexander-7 die ruimte in te vaar, sou wonderlik wees. Maar die ruimte is onbekend, onmeetlik groot en vol verrassings – alte dikwels onaangenaam en angswekkend. Gou bevind hulle hulle midde in ‘n oorlog teen die ruimterowers. Sy, Doran en die robotte word gevange geneem. Hulle beland op die planeet van die Bondels – miermense wat geen genade ken nie. – in ‘n ondergrondse stad omring deur ‘n dorre woestyn.  Sal hulle ooit en dit sonder ‘n ruimteskiop by Xenos uitkom?

Out of stock

Description

Uitgegee deur Perskor Uitgewery

Eerste sagteband uitgawe, eerste druk, 1991.

Sagteband  met stempel van vorige boekwinkel en bibsakkie uitgeskeur wat merk gelaat het, boekinhoud is in uitstekende toestand. Biblioteek strepieskode plakker op agterkant van boek