Boela van die Blouwater / Chris Barnard

R65.00

Hierdie verhaal is in 1962 bekroon met ‘n jeugromanprys uitgeloof deur die Afrikaanse Pers-Boekhandel.

Boela van die Blouwater is in die eerste plek ‘n roman vir die jeug. Die verhaal speel af op ‘n klein vissersdorpie, Oestermond. Die milieu is die see en sy mense – geharde vissers soos Oukoos en Sollie, Krisjan Klok en natuurlik die jong boela.

Die skrywer het ‘n besondere tema gekies waarin kleurvolle en interessante karakters die hoofpersone is;  elkeen oortuigend geteken in situasies wat lewensvertrou en dramaties beskryf word.

Die leser leer die innerlike lewe ken van hierdie visserseun, Boela, wat vasgegroei staan in ‘n sewentienjarige seun met ‘n tipiese sensitiwiteit wat hy immer probeer onderdruk. Sy liefde vir Nonnie, die kroegman se dogter, wat hy liewer met dade as met woorde bewys, is skoon en opreg.

Dan is daar Oukoos, Boela se pleegvader. Oukoos wat so graag ‘n suen wou hê op wie hy trots kan wees. Tussen Boela en Oukoos heers daar ‘n mooi en innige verstandhouding wat vir albei ‘n soort sin in die lewe gee.

 

2 in stock

SKU: JEUG.ULU.202/2011; JEUG.ALG.123/3/20 Category:

Description

Uitgewer:  Perskor

Datum:  Tweede hersiene uitgawe, veertiende druk 1989; Sesde druk 1974

Toestand: Sagteband boek buiteblad toon heelwat verweer maar boek binne skoon en netjies al is blaaie effe vergeel; tweede kopie in puik toestand

Hierdie verhaal is bekroon met die eerste prys in ‘n jeugromanwedstryd uitgeskryf deur die Afrikaanse Pers-Boekhandel