Broers / S.B. Hobson

R100.00

S.B. Hobson skrywer o.a. in hierdie biografiese werkie oor die ontstaan van die bekende Hobson boeke:

“Die saamskrywery van die broers is aan die toeval te danke. Broer George het aangevoor. Hy het naamlike die ouerlike gewoonte op sy eie huisgesin toegepas en sy dogtertjie saans slaapverhaaltjies vertel. Toe hy die stories wat hy ke, holrug gery het, het hy sommer uit die vuis van jakkals en wolf begin vertel, van skilpad en leeu, van hekse en maandrake, toorviole en wenstamboere… Die diere het hul streke in die Kalahari begin uithaal. Hulle het name gekry. Adoons en Arnols, Spogter en Sterktand.

“Broer Sam het die kaskenades van die diere sommer baie gaaf gevind. Maar die taal was vir hom die verkeerde taal vir die woestyn. “Undulating meadows” was mos onnatuurlik daar in die Kalahari en as ‘n jakkals vir ‘n bobbejaan ‘n poets wil bak, het die man gemeen, kon hy dit gerus maar in Afrikaans doen…”

1 in stock

SKU: FIKSIE.WAL.002/2/18 Category:

Description

Uitgewer: J.L. van Schaik Bpk

Datum: Eerste druk 1947

Toestand: Hardeband met mooi netjiese stofomslag boek in mooi toestand, een titelblad uitgesny, boek waarskynlik nooit gelees nie, blaaie is nog styf en kom nuut voor