Brood vir my broer / Cor Nortjé

R110.00

Nou en dan kom daar in die Afrikaanse skryfkuns ‘n werk wat iets raak boor, ‘n werk waarmee die leser onmiddellik verwantskap kry, wat onmiddellik verwelkom word soos mens ‘n vertroude vriend verwelkom. Dit kan werke wees wat eintlik heeltemal uiteenlopend van aard is – ‘n Audrey Blignault borrelende lewenslus of ‘n FA Venter se Werfjoernaal met sy skerpsinnige en liefdevolle waarneming van mens en dier en plant in die halfwoestynwereld van die Noordweste en tog is hulle almal op ‘n vreemde manier verwant.  En so ‘n werk is die van Cor Nortje. In 1970 het ons oor die radio Brood vir my broer leer ken en daaroor begin praat – die verhaal van Rooikrans en die mense van Rooikrans…

1 in stock

SKU: FIKSIE.BOK.002/16/2/22 Categories: ,

Description

Uitgegee deur Tafelberg-Uitgewers

Tweede druk 1974

Hardeband met stofomslag

Boek in baie goeie toestand, met skoolstempels op twee plekke

Ander boeke deur hierdie skrywer:

Sending vir ‘n voortvlugtige
Kamberg se baas
Ontmoet Tekkies!
Tekkies trap klei