Description
Tafelberg Uitgewers
Eerste uitgawe eerste druk 1992
Hardeband met mooi omslag boek is in nuwe toestand, blaaie wel effens vergeel
R150.00
Vir Araminta Rossouw het diamante ‘n magiese aantrekkingskrag: nie vasgeklamp in ringe of in koningskrone en septers nie, maar ongeslyp en vry in die palm van haar hand, in die holtes van haar African violet se blare of op haar vensterbank waar hulle met die berg kan gesels. Diamante is klein klippies, heilig, waarin oerlig gebere is. En hulle straal iets uit: as sy hulle vashou, weet sy of hulle gelukkig is of nie.
Om mense uit ‘n geldelike verknorsing te help, gaan verkoop sy vir hulle diamante in ‘n krotterige Kaapse buurt, en daarmee gaan ‘n kortpad na vryheid vir haar oop. Sy wat as wit kind van Afrika verwerp voel en gedoem tot ‘n ewige struggle, wat wil padgee na ‘n land waar dit moontlik is om gewoon te leef sonder skuldgevoel en by geluk uit te kom.
1 in stock
Tafelberg Uitgewers
Eerste uitgawe eerste druk 1992
Hardeband met mooi omslag boek is in nuwe toestand, blaaie wel effens vergeel