Buks en die dinamietramp / John Coetzee

R60.00

Dit is asof al die lug om Buks Jonkers skielik weggeruk word. Hy snak na asem. Sy ore suis. Dan volg die verskriklikste slag wat hy nog ooit gehoor het. Stukke glas val in die strate. Mense gil en hardloop verskrik heen en weer. lets soos hael rammel op die sinkdakke. Bokant Braamfontein-stasie krul ‘n dik, swart rookwolk stadig al hoër die blou lug in. Die einde is hier . . Dis die oordeelsdag!” skree ‘n man terwyl hy blindweg oor glasstukke strompel. ,,Aardbewing ,,Oorlog gil andere, maar Buks weet: so ‘n knal kan net een oorsaak hê: die dinamiettrein op Braamfontein-stasie het ontplof.

Nou moet hy by die huis kom. Sê nou tant Louisa het iets oorgekom? Sê nou sy maats in Brickfields het seergekry? Sê nou dis Langfaan Deysel se skuld dat die trein ontplof het? Op pad na sy tante se losieshuis sien hy die verwoesting wat die ontploffing gesaai het.

By Braamfontein-stasie is ‘n reuse-gat in die aarde geruk. Verderaan—waar voorheen huise en pondokkies gestaan het—lê nou net stukke hout en gebuigde sinkplate. ‘n Apie lê stil langs sy paal. Hier en daar drom groepies mense saam .

Vir die lesers van John Coetzee se tweede boek oor die avonture van Buks Jonkers word die dinamietramp van 1896 ‘n belewenis en die mense van die tyd bekendes.

Out of stock

SKU: JEUG.DON.015/5/19 Category:

Description

Tafelberg

Eerste sagtebanduitgawe 1986

Boek nog netjies maar het skoolstempels en withdrawn geskrewe binne-in en sakkie agterin boek