Catharina /Ferreira, Jeanette

R110.00

‘n Aangrypende roman oor liefde in die Laeveld. In die winter van 1836 word Lang Hans van Rensburg se hele trek uitgemoor. Maar gerugte wil dit hê dat twee kinders aan die moordnag ontkom het. Byna vyftig jaar later trek Catharina saam me thaar vader uit op die winternag in  die Laeveld, maar haar pad voer haar uiteindelik verder: oor Barberton se delwerye, deur die runderpes en die groot droogte, oor die transportryerspad tussen Delagoabaai en die ou Transvaal, en kort voor die Tweede Vryheidsoorloge uitbreek, terug na die Olifantsjagrivier. Telkens koers die pad ook terug na die nag van die moord op die Van Rensburg-trek. En daar is liefde en ander bloed op die spel. ‘n Diep menslike en epiese sage wat afspeel teen die agtergrond van die Laeveld van die 19de eeu, en die Anglo-Boereoorlog.

Out of stock

SKU: FIKSIE.ALG.005/25/6/24; FIKSIE.LIN.001/13/1/23 Category: Tag:

Description

Human & Rousseau

Tweede uitgawe 2006

Sagteband herdruk met mooi foto van vrou op voorblad, puntjie van voorblad baie gering gebuig maar verder nog netjies, naam en selnommer voorin boek

Bandontwerp deur Etienne van Duyker