Chriskras – ‘n tweede keur / Chris Barnard

R95.00

Toe Chris Barnard enkele jare gelede sy rubriek Chriskras in Die Huisgenoot begin skryf het, was die reaksie van die lesers so oorweldigend dat Tafelberg besluit het om ‘n keur daaruit te publiseer.

Intussen het Barnard op populêre aandrang – en na ‘n blaaskans – ‘n nuwe reeks chriskrasse voltooi waaruit hy hierdie tweede keur van 40 saamgestel het. Hy skryf in hierdie bundel oor die klein rampe van ons alledaags bestaan, oor die mooi dinge in die lwe en oor die waaraan hy ‘n broerjie dood het. Hy deel ruikers uit – maar gebruik ook die karwats van die woord soos waarskynlik net hy dit kan doen. Nooit kwetsend nie. Eerder onderhoudend. Skerpsinnig. Met die droë humor van iemand wat sy wortels diep en vas in moeder aarde het.

Is dit nodig om meer te sê? Ou vriende het immers geen bekendstelling nodig nie. Vir diegene wat Chris Barnard se chriskrasse ken, sal hierdie nuwe keur nie teleurstel nie. Op hulle wat nou vir die eerste keer daarmee kennis maak, wag ‘n aangename ontmoeting…

1 in stock

SKU: Fiksie.EKL.005/10/18 Category:

Description

Tafelberg,

Eerste druk 1976,

Hardeband met stofomslag xbibboek, met stempels en sakkie en oorgetrek met plastiek