Christiaan Barnard: Een lewe / Chris Barnard en Curtis Bill Pepper

R180.00

“Die hart het doodstil gelê, sonder ‘n teken van lewe. Ons het gewag – dit het na ure gevoel – totdat die hart eindelik begin ontspan het. En toe gebeur dit. Soos ‘n bliksemstraal. Daar was skielik sametrekking van die atria, vinnig gevolg deur die ventrikels in gehoorsame reaksie. Toe het die atria weer saamgetrek, toe die ventrikels. Geleidelik het die hart begin rol met die pragtige ritme van die lewe, die hartklop van die wêreld.”

In hierdie paar sinne lê een van die grootste gebeurtenisse van die twintigste eeu opgesluit. Dis die beskrywing van ‘n geskiedkundige oomblik wat die wereld aan die praat gesit het. Rondom hierdie gebeurtenis het daar polemieke ontstaan, vrae is gestel waaroor medici en kerkmanne uitspraak het gegee het. Wanneer is ‘n mens werklik dood? Is dit eties te regverdig om die hart van een mens in ‘n ander oor te plant.

In die vroeë oggendure in Desember 1967, begin die hart van Denise Darvall sy ritmiese klop in die liggaam van Louis Washansky. Hoe moes die hartspan in Operasiesaal B in die Groote Schuur-hospitaal op daardie oomblik gevoel het, wat het in Chris Barnard, die hartsjirurg omgegaan toe hy hierdie nuwe lewe van ‘n hart aanskou. Chris het op die plek alleen gestaan – alleen in die stilte van ‘n nuwe wêreld – want die pionier is altyd alleen. Hiervan was Chris Barnard reeds van sy kinderjare af bewus…

Out of stock

Description

Tafelberg-Uitgewers

Derde druk 1970

Swart hardebandboek sonder stofomslag

Afrikaanse bewerking van die boek deur dr. C.N. Barnard, Madeleine van Biljon en F.A. Venter

Medies-taalkundige kontrole: dr. P.J. van Biljon