Die Afrika-avontuur van Mary Kingsley: uit die lewe van ‘n ongewone vrou / Kurt Lutgen

R110.00

Mary Kingsley, ontdekkingsreisiger in Wes-Afrika en verpleegster van die Boerekrygsgevangenes in Simonstad was ‘n merkwaardige vrou. Hoewel sy tot op dertigjare ouderdom ‘n beskermde stil lewe gelei het, het syvan haar vader ‘n oormaat fisiese en morele moed en ‘n aangebore liefde vir avontuur geërf.

Dis eienskappe wat sy na haar ouers se dood ten volle sou gebruik, want toe sy skielik niks meer te doen het nie, besluit sy in 1893 om in Wes-Afrika te gaan reis. Geskokte familielede en vriende het haar probeer afraai. Selfs op die boot, onderweg na die Kongo, glo haar medereisigers haar nog nie. Die grilligste stories oor gruwels en gevare van die Swart Vasteland word aan haar voorgehou. Maar sy laat haar nie bangpraat nie.

As handelaardeurkruis sy, ongewapen en selgs deur ‘n paar inboorlinge vergesel, ‘n groot deel van die Kongo en Gaboen, waar sy volkekundige studies onderneem en selfsame visse vir die Britse Museum versamel. Geklee in ‘n lang, swart romp en wil bloese is sy opgewasse vir die skrikwekkendste moeilikhede waarnee hulle te kampe kry. Daar is die moeilike moerasse waardeur hulle soms moet  ploeter, vanggate vir olifante waarin sy beland, gevaarlike diere wat hul weg versper en natuurlik die kannibale waar sy menige benoude oomblik oorleef…

1 in stock

SKU: BIO.LAP.1157/2011 en BIO.ALG.011/2017 Categories: ,

Description

Uitgewer: Tafelberg

Datum: Eerste druk Afrikaanse uitgawe, 1968

Toestand: Hardeband met stofomslag met gekleurde voorblad stempel van vorige boekwinkel voorin

Oorspronklike titel: – 1962

Vertaal: Uit Duits vertaal deur Johanna van Graan