Die bewesiekte: my worsteling met parkinsonisme / Emile De Villiers

R110.00

Billy Graham, Michael John Fox, wyle Jassar Arafat en Pous Johannes Paulus II en die skrywer van hierdie boek, Emile de Villiers het iets in gemeen gehad: ons het parkinsonisme.

Vir sommige is dit die bewesiekte, vir ander die vriessiekte. Lyers se liggame sukkel om dopamien in genoegsame hoeveelhede, of enigsins, te vervaardig.

Ek gaan jou vertel hoet hierdie siekte ‘n mens se lewe radikaal beinvloed, nie sodat jy my moet jammer kry nie, maar sodat jy my moet verstaan as jy my onnatuurlike bewegings sien en hoe ek dinge lomp laat val.

Ek gaan jou vertel van my gevoelens en pyn, maar ook oor die rol wat jy in my lewe kan speel. Ongeag hoe verwronge my gesig is, of hoe ek sit en bewe en sukkel om te praat en sluk.

Ek weet egter dat parkinsonisme nie die laaste sê oor my sal hê nie, maar my Verlosser wel.

1 in stock

SKU: NIE-FIKSIE.DON.016/24/11/20, NIE-FIKSIE.DON.016/18/8/21 Category:

Description

Lapa

Eerste druk 2007

Sagteband splinternuut