Die blywendste seisoen / Marzanne Leroux

R120.00

Twee mense in hul middeljare, oënskynlik gelukkig getroud, word vasgevang deur ‘n ongeoorloofde liefde, so heg, so intens, dat dit hulle volkome weerloos laat.

Reeds die middag toe hy terug is na haar huis toe om nuwe skarniere in ‘n kas te gaan sit, het hy geweet: van geen vrou was hy meer bewus as van haar nie.

En sy, sensitief, kunstig, en bo alles kind van God, wou aanvanklik nie, maar was later net van een ding seker: sonder hom kan en wou sy nie lewe nie.

Maar onafwendbaar , soos die een seisoen oorgaan in die ander, het die skuldgevoelens tog gekom, die twyfel, die selfverwyt. En die wete dat wat hulle doen verkeerd was in die oë van God; maar tog was hulle volkome onmagtig om van dié groot liefde af te sien.

In Die blywendste seisoen word met deernis en werklike insig gekyk na twee mense se wanhopige soeke na sekerheid en God se wil vir hul lewens. ‘n Roman, so volstrek eerlik en outentiek, dat dit die leser diep in die hart gryp.

Out of stock

SKU: FIKSIE.SHA.005/11/22 Category:

Description

Waterkant-Uitgewers

Eerste uitgawe, eerste druk 1983

Hardeband met stofomslag boek is nog skoon en netjies asof nooit gelees is nie, klein wit papiertjie voorin boek geplak waarskynlik bo-oor ‘n vorige eienaar se naam