Die eerste vier jaar / Laura Ingalls Wilder

R170.00

Laura Ingalls is ‘n sorgsame vrou. Eintlik kan dit ook nie anders nie, want sy en Manly moet hul plaas nog maak! Hul huisie op die uitgestrekte grasvlaktes van Noord-Amerika is stewig en netjies, maar daarin kan geen weelde bekostig word nie en die aankoop van elke nuwe stukkie plaasgereedskap is ‘n belangrike gebeurtenis na al die gepas en gemeet om seker te maak dat hull dit wel kan bybring.

Om saam met Manly op die ploegland te werk is ‘n noodsaaklikheid, maar vir Laura ook ‘n wonderlike heerlikheid en om die dom ou perd die hooiplank te laat trek, is net so natuurlik as om ‘n klomp vyandige Indiana die pad te wys.

Saam met Manly kyk sy jaar na jaar vol verwagting hoe die oes op die land ryp word, maar die eerste vier jaar is moeilike jare. Oor die wuiwende grasveld kan die gierende stormwinde ongestuit woed en as die hael en die wind en die sneeu oor hulle trek, is mens en dier en plant armer.

Die Eerste vier jaar vertel van moedige mense wat ‘n onbekende gebied oop breek en mak maak. Dwarsdeur die verhaal loop die opwinding van ‘n nuwe begin en die tinteling in die bloed wat elke dag se uitdagings bring. Die is die laaste aflewering in Laura Ingalls Wilder se Pionierreeks en nog ‘n waardevolle toevoeging tot ons eie kinderleesstof.

Out of stock

SKU: JEUG.ALG.002/9/16/22 Category:

Description

Tafelberg Uitgewers

Eerste Afrikaanse uitgawe 1972

Hardeband met stofomslag

Oorspronklike titel: The first four years – 1971

Uit die Amerikaans vertaal deur Santie Grosskopf

Tekeninge deur Garth Williams

Reeks: Pionierreeks met 9 titels in die reeks

Ander titels in die reeks: Die huis in die groot bos, Die huis op die grasvlakte, Boerseun, Die huis langs die Pruimrivier, Die huis langs die Silwer meer, Die lang winter, Die dorpie op die grasvlakte, Die goeie goue jare.