Die erfgenaam van Wang / Hetwig Weiss-Sonnenburg

R60.00

Boek nr 10 van die Kadet-reeks.

Vir vyf Chinese dollar – nie heeltemal tagtig sent nie – en ‘n sak rys het haar pa verkoop. Nou is Mehoea ‘n slawekind sonder ‘n toekoms. As Outannie nie daar was nie… Die tweede vrou, Eurtaitai, laat Mehoea swoeg en die rykmanskinders maak haar lewe ondraaglik met hulle getreiter. Di ergste van almal is Kai Lien. Hy is mos die erfgenaam en almal dink mos dis reg om hom te verwen. Mehoea is baie verlig toe sy pa hom na ‘n ander skool wegstuur. Die Kai Lien wat drie jaar later terugkom, het baie verander. Hy is besiel met die wil om ‘n nuwe China te help skep. Die inbind van voete, kinderverkoping, armoede en slawerny moet uitgeroei word. Mehoea mag na haar ouers teruggaan. Sy is vry. Vry, ja – maar nie vry van ‘n aarselende liefde wat ver bo haar stand uitstyg nie en ook nie vry om te weier as haar ouers haar met die lummelseun van die  buurman wil laat  trou nie. Kai Lien! Maar hy is  self ingesleur in die groot harwar van die  burgeroorlog wat deur China rol. En die troudag met die lummelseun is oor veertien dae…!

 

4 in stock

SKU: FIKSIE.HEL.052/13; FIKSIE.SKO.0258/14; FIKSIE.SKO.0258/2/14; FIKSIE.THE.2056/156; FIKSIE.CDON.031/10/16.JEUG.EBE(B).111/8/22 Categories: , Tag:

Description

Uitgegee deur Tafelberg Uitgewers

Eerste druk 1961

Oorspronklike titel: Pflaumenblate und Kai Lin

Uit Duits vertaal deur Leo van der Westhuizen

Bandontwerp deur Gunther Rindfleisch

Illustrasies deur Nikolaus Plump

Hardeband boek met gekleurde prent op voorblad, geen omslag, skoolstempel voorin en pengekrap op inligtingsblad aan die kant van die boek (nie in teks)