Description
Uitgewer: Tafelberg Uitgewers
Datum: Derde druk April 1962
Toestand: Hardeband met stofomslag ,boek is geteken deur die skrywer op 5 Maart 2010
Stofomslag: A.J. Malherbe
R350.00
Om die lewe van die merkwaardige Leonardo da Vinci het Leon Rousseau hierdie boeiende historiese roman geskryf. Dit strek die outeur tot besondere eer dat hy uit sy boustowwe met soveel oorgawe en so delikaat onderskeidend ‘n dramatiese verhaal ineen kon weef wat met ‘n enkele woord of sin soms vir die volwasse, sowel as jeugdige leser, ‘n intieme beeld optower uit daardie veelbewoë jare. Maar Die Florentyn geen nie net ‘n breë en insiggewende blik op ‘n reuse-figuur nie; ook nie net op die geskiedkundige belangrike tyd waarin hy geleef het nie… In die eerste plek is dit die aangrypende verhaal van ‘n mens. ‘n Tragiese gebrek het Da Vinci se lewe oorheer en hom tot op sy sterfbed gevolg met die kwellende gedagte dat hy sy kragte nooit ten volle benut het nie. Hierdie gebrek is die tema van die Die Florentyn.
Hy was die skilder van Die laaste avondmaal en die Mona Lisa, twee van die wêreld se beroemdste kunswerke. Vyfhonderd jaar voor die Wright-broers het hy die beginsels van vlug neergelê en toestelle gebou wat sou gevlieg het as hulle met masjiene toegerus kon word. Dit is egter maar twee fasette van hierdie merkwaardige mens, die veelsydige produk van die Renaissance en miskien die grootste genie wat ooit geleef het…
Out of stock
Uitgewer: Tafelberg Uitgewers
Datum: Derde druk April 1962
Toestand: Hardeband met stofomslag ,boek is geteken deur die skrywer op 5 Maart 2010
Stofomslag: A.J. Malherbe