Die geskiedenis van Boerekos (1652 – 1806) deur H.W. Claasens

R300.00

Hierdie boek is ’n verkorte weergawe van ’n tesis vir ’n D.Phil-graad wat in 2004 by die Universiteit van Pretoria verwerf is. Dit handel oor die geskiedenis van die koskultuur van die Europeërs wat hulle in die sewentiende en agtiende eeu aan die Kaap gevestig het en deel van hulle nasate, die Afrikaners, gebly het. Tydens die genoemde tydperk is reeds begin om daarna as Boerekos te verwys.
Die basiese uitgangspunt van die studie was om na te vors waar die oorsprong lê van die koskultuur wat in die sewentiende eeu na die Kaap gekom het, wat die koskultuur behels het en wie daardie koskultuur aan die Kaap beïnvloed het. Die stof vir die studie is derhalwe in drie grondtemas verdeel. Die historiese agtergrond handel oor invloede op die sewentiende-eeuse Hollandse kookkultuur wat aanleiding gegee het tot die noodsaak van ’n verversingstasie aan die Kaap, die vestiging van die Hollandse kultuur aan die Kaap, en die gemeenskap wat in die vestigingsperiode ontstaan het. Die tweede tema oor wat dié koskultuur behels het wat die Europeërs in die sewentiende eeu na die Kaap gebring het, word toegelig. Die derde tema wat gaan oor die invloed van Oosterlinge op die kookkultuur aan die Kaap, word ook bespreek. In die slot word gewys op bevindings wat die studie opgelewer het en ’n vlugtige blik word gegee op die verdere verloop van die koskultuur gedurende die Britse bewind, die Groot Trek, die Anglo-Boereoorlog, die tydperk van verstedeliking, die hoogtepunt van Afrikaner-nasionalisme, en die huidige tydsgewrig.

Out of stock

Description

Uitgegee deur Protea Boekhuis

Eerste druk, eerste uitgawe 2006

Hardeband met glansbuiteblad

R300