Die goeie, goue jare / Laura Ingalls Wilder
R180.00
In die laaste van hierde Pioniersboeke begin Laura nog nie heeltemal sestien jaar oud nie, skoolhou in ‘n verlate houthuisie op ‘n plaas twaalf myl van hulle huis.
Die is moeilike dae. Die kinders party van hulle net so oud soos Laura, is ongehoorsaam en wil nie leer nie, die sneeu lê spierwit om die skooltjie en hulle bibber van die koue en die vrou by wie Laure bly, is baie onvriendelik. Laura verlang baie huis toe, maar sy byt deur en voltooi die kwartaal, sodat sy genoeg geld kan verdien om Pa te help om Maria by die skool vir blindes te hou.
Gedurende die vakansies sien sy hoe goed Maria vorder, en dit spoor haar aan om nog harde te werk. Saterdae gaan help sy in mejuffrou Bell se rokwinkel om meer sakgeld te verdien.
Laura se dae is nou vol plesier en opwinding. Almanso kom haal haar gereeld vir slee-ritte. Die perde galop op en af deur die hoofstraat terwyl die klokkies aan hule tuie vrolik lui en die jongmense uitbundig sing en lag. Dan is daar nog die sangaande en die ritte elke sondagmiddag saam met Almanso in sy kapkar en spoggerige perde. Tot Ma se ontsteltenis help Laura om die jongperde wat Almanso gekoop het, te leer.
Die volgende jaar kry Laura ‘n pos in ‘n pragtige nuwe skool naby die huis en sy en Almanso raak verloof. Hulle trou in die lente en trek na hulle eie huisie op Almanso se plaas. Vir diegene wat hierdie pioniersfamilie leer ken het op hulle trek weswaarts deur die onbekende gebiede en gevare, is Die goeie, goue jare die hoogtepunt in die interessante avontuurlike lewe van Laura Ingalls Wilder.
Out of stock
Description
Uitgewer: Tafelberg
Datum: Afrikaanse uitgawe 1969
Toestand: Hardeband met stofomslag, stukkie aan rugkant het ‘n klein skeurtjie in
Tekeninge: Deur Garth Williams
Omslagontwerp: Horst Walter
Oorspronklike titel: These happy golden years – 1943
Vertaler: Santie Grosskopf
Baie skaars