Die goue anker / Mark Preston

R70.00

Estelle Groenewald, die beeldskone bruinoog-nooientjie, het te veel aandag gekry van Don Blackmore, seun van die Besturende Direkteur van die Oranje-skeepvaartmaatskappy. Veral vir Don se hooghartige moeder was dit te veel van ‘n vernedering dat haar gesogte seun sy tyd moet vermors op ‘n eenvoudige tikstertjie. Don se ouers onderhandel en Estelle word as tikster na die Vanderstel, een van die maatskappy se luukse lynbote oorgeplaas.

Die goue anker is ‘n leersame en tintelende verhaal van Estelle se ervarings op die boot. Sy raak in verskeie ingewikkelde situasies betrokke., maar deur haar opregtheid van hart, haar skoonheid en minsaamheid verower sy eerlang die hart van die knap medikus aan boord. Die goue anker is ‘n verhaal wat heerlik en spannend lees en is so realisties geskryf dat die leser voel asof hyself die heerlike, avontuurvolle bootreis meemaak.

1 in stock

SKU: GEE.KAN.002/3/21 Category: Tag:

Description

Uitgewer: President-Uitgewers

Datum: Derde druk 1978

Toestand: Hardeband met stofomslag in mooi toestand en stewig, met naam en van en dorp van vorige eienaar voorin boek