Die haasvanger /Van Niekerk, Dolf

R100.00

“Die eerste twee rondtes sorg hy dat hy vierde van voor bly. Halfpad deur die derde rondte skuif hy twee plekke nader aan die een wat voor hardloop. Dié versnel effens maar Kiewiet bly op sy hakke. Sy gedagtes is gesluit. Hy het nie verlede of pa of ma nie – hy is net die haasvanger van dassiekrans wat weet dat die haas klaar te lank bly lê het om hom te kan ontsnap.”

Die haasvanger vertel Kiewiet se storie – Kiewiet wat nog altyd veld toe gevlug het as hy van alles wou wegkom. Maar dan begin almal hom in ‘n hoek druk en móét hy die werklikheid in die oë kyk.

Soos in Skrik kom huis toe en trouens die meeste van Van Niekerk se werk, handel Die Haasvanger oor die probleem van die mens se “eenlingskap”. Soos in Skrik kom huis toe gaan dit weer oor ‘n seun se behoefte aan liefde en sekuriteit en die vereensaming van die karakter as gevolg van dié gebrek. In hierdie geval is daar ook tog ‘n strewe na kommunikasie maar daar is ‘n meer bewustelike verset van die seun teen die dinge wat hom en sy ouers van mekaar weghou.

1 in stock

SKU: JEUG.FOR.026/11/22; JEUG.DON.(B).004/9/5/23; JEUG.DON.(C).109/7/23 Category:

Description

Uitgegee deur Tafelberg,

Elfde druk 1989

Sagtebandboek  in mooi en netjiese toestand

Die haasvanger wen die Scheepersprys sowel as die MER-prys.

Omslagontwerp: Louis van Vuuren