Die jakkalssomer / Dirk Jordaan
R85.00 Original price was: R85.00.R70.00Current price is: R70.00.
Die Jakkalssomer is Dirk Jordaan se prosadebuut – ’n speurroman wat nie net lesers ademloos ’n donker doolhof van raaisels sal binnelei nie, maar ook worstel met hoogs aktuele Suid-Afrikaanse kwessies. Die roman is in murg en been Suid-Afrikaans, en wat gehalte betref, het dit blou bloed.
Vier lyke word in die Oos-Kaap opgespoor, en in die vlak graf is daar ook ’n AK47. Dit kan net apartheidsmoorde wees, maar daar is nêrens aanduidings of verslae wat lig kan werp op wie die slagoffers is nie. Vir die plaaslike polisie is dit een te veel – dit lyk na ’n saak vir kapt. De Villiers Pelser van die Nasionale Vervolgingsgesag, die polisie-eenheid gemoeid met hierdie soort misdade.
Div Pelser is ’n man wat op tipiese wyse deur die onlangs Suid-Afrikaanse geskiedenis gevorm is. Of dalk nie so tipies nie. Hy is ’n polisieman met ’n maatskaplike gewete.
1 in stock