Die kat kom weer / Dr. Seuss

R75.00

Arme Boet en sy sussie Sannie sit verlangend voor die venster. Buite reën dit en die wêreld is nat. Hulle wens hulle kan uitgaan, maar hulle weet hulle kan nie. Hulle is doodverveeld, totdat … ‘n vreemde vrolike pratende kat opdaag en die plek behoorlik op horings neem!

Dr. Seuss se boeke vir beginners is wêreldberoemd omdat dit kinders so maklik en moeiteloos leer lees. Leon Rousseau se wonderlike vertaling van hierdie klassieke boek sorg vir ‘n heerlike leesavontuur.

 

Out of stock

SKU: JEUG.ELM.022/10/20 Category:

Description

Human & Rousseau

Oorspronklike Afrikaanse verwerking in 1973

Eerste sagtebanduitgawe 1982

Sagtebandboek, boek toon gebruik en op titelblad het ‘n kind die teks omraam met ‘n potlood, puntjies van die boek effens gebuig, klein skeurtjie aan onderkant van voorblad

Oorspronklike titel: The cat in the hat comes back- eerste keer uitgegee in 1957

Afrikaanse beryming deur Leon Rousseau

Illustrasies deur Theodor Geisel onder die skrywersnaam Dr. Seuss.

Baie skaars in Afrikaans