Die kinderkaravaan / A Rutgers van der Loeff-Basenau

R60.00

Die pionier Henry Sager vertrek met sy vrou en sewe kinders in ‘n groot uittog vanuit fort Laramie naby Indepence (Missouri) in die rigting van Oregon met die hoop om daar ‘n beter bestaan op te bou.

Die jongste van sy kinders is ‘n pasgebore baba. Tydens die tog word Henry Sager en sy vrou egter beide siek en sterf. Die 13-jarige John Sager, die oudste van die sewe kinders, besluit om die groot groep trekkers te verlaat en met sy ses broers en sussies die tog op hul eie voort te sit. Saam met sy broer Francis, neem hy die leiding. Die sewe kinders het slegs enkele trekdiere by hulle.

Na ‘n lang tog vol ontberinge, waar hulle tydens ‘n groot brand op die Snake Rivier plein hul os kwyt is en ter nouernood aan die dood ontsnap, arriveer die kinders by Fort Boise in Suidwes-Idaho, waar hulle tydelik ingeneem word deur die leier van die Hudson Bay Company.

Daarna trek hul weer verder met hul steeds swaarder wordende tog, waartydens die baba byna sterf!  Die kinders kry intussen ‘n al groter wordende hekel aan hul broer, omdat John hul meedoënloos bly jaag en al strenger word. Hul moet immers voor die koms van die winter hul eindbestemming bereik, anders mag alles en almal dalk doodgaan van die koue. Behalwe John, besef nie een van die kinders in die groep dit nie. Uiteindelik vind hulle ‘n nuwe tuiste by die sendeling, Marcus Whitman en sy vrou Narcissa…

Die boek is nr XXXVI in die Libri reeks. Daar het verskeie boeke uit An Rutgers van der Loeff-Basenau se pen verskyn. Verskeie van haar boeke is bekroon met pryse. Sy was in Amsterdam woonagtig.

Van An Rutgers van der Loeff-Basenau het daar reeds twintig boeke verskyn. Verskeie van hulle is in ander tale vertaal en is bekroon met pryse. Die Kinderkaravaan, is behalwe in Nederland, en nou in Suid-Afrika in agt ander lande uitgegee en LAWINES RAZEN, ‘n ander beroemde boek van hierdie skryfster, is reeds in elf ander lande uitgegee – ook in Afrikaans onder die titel Die wit geweld.

Out of stock

SKU: FIKSIE.002/09/02/24(SUR) Categories: , ,

Description

Uitgegee deur J.L. van Schaik

1962

Hardeband sonder stofomslag, verweer op hoeke en kante, geskrewe pen, plakker en stempel merke op voorste en agterste binneblad

Uit Nederlands vertaal deur E.H Hoekstra.

Reeks: Die boek is nr XXXVI in die Libri-reeks van Klassieke Jeugverhale. Daar het verskeie boeke uit An Rutgers van der Loeff-Basenau se pen verskyn. Verskeie van haar boeke is bekroon met pryse. Sy was in Amsterdam woonagtig.