Die kinders se held – George Muller / Irene Howat

R70.00

As jy in 1850 in Bristol ‘n weeskind was, was die lewe hard maar as jy plek gekry het in Ashley Down, een van George Müller se Kinderhuise, het die toekoms weer gewink. By Ashley Down is daar waarlik na jou omgesien. Dit was soos om in ‘n groot, gelukkige liefdevolle gesin te wees. George Müller was so ‘n vriendelike man, en Ashley Down was ‘n besondere plek om te wees. Maar… toe George Müller jonk was, was hy selfsugtig en niemand kon op hom reken nie. Sou jy iemand vertrou wat nie alleen sy vriene se geld gesteel het nie, maar ook sy ouers s’n? Wat het dan die groot verandering gebring? Het die tyd in die tronk hom daartoe gebring om nie meer te steel nie? Was dit die tragiese dood van sy ma wat gekeer het dat hy weer leuens vertel? Wat is dit wat ‘n dief verander het in iemand wat jy kon vertrou met miljoene Rande? Hoe het dit gekom dat hy sy geboorteland, Duitsland, verlaat het om in Engeland te gaan woon? Vind uit hoe die Here een jong man se lewe merkwaardig verander het van selfsug en inhaligheid, tot dapper en betroubaar; hoe sy hart verlos is van selfgerigtheid. George het die kinders van sy nuwe huis in sy hart opgeneem en die kinders van Bristol het in hom iemand gevind wat sou opkom vir hulle belange. Hulle het hom vertrou en liefgehad. George was die kinders se held.

1 in stock

SKU: BIO.GRS.012-013/22/8/22 Category:

Description

Christian House Publications

2008

Sagteband in splinternuwe toestand van uitgewer bestel

Oorspronklike titel: The Children’s Champion

Vry vertaal deur Mariana Viljoen

Baanbreker-reeks