Die koperkanon / Mikro

R75.00

Dis die verhaal van ‘n koperkanon. Die kanon was ‘n volmaakste replika van dié wat in Napoleon se dae gebruik is. Net baie kleiner. Agt duim lank, vier duim hoog van boekenhout en met egte koperbeslag. Maar dis ook die verhaal van Karlsvlei se mense. Die mense van Ons-straat en die kinders van Oumatjie Delport. Hulle was nie haar bloedkinders nie maar tog haar eie, omdat sy hulle liefgehad het. Die wesies, die hardvogtiges, die verstotelinge en die eensames – almal. Met ‘n woordkarigheid wat telkens opnuut bewonder moet word, vertel Mikro van hierdie mense en jy besef weer eens: Hier het jy te make met ‘n meester van die vertelkuns. Want gaandeweg en ongemerk word die leser ook ‘n Karlsvleier…

1 in stock

SKU: FIKSIE.NOR.004/21/10/21 Category:

Description

Uitgegee deur Voortrekkerpers

Vierde druk 1971

Hardeband met stofomslag, ex library boek met stempels en nommers in boek, boek nog netjies, een vingermerk elders in boek

Skoolstempels in boek nog baie mooi en stewig