Die kremetartekspedisie / Wilma Stockenstrom

R100.00

Hierdie belangrike roman is reeds in verskeie ander tale gepubliseer, o.m. in Engels (in Engeland en Amerika), vertaal deur JM Coetzee. Die verhaal is gesitueer in die tyd van die Portugese ontdekkingsreise na Indië.

Die verteller is ’n ou slavin wat verslag lewer van haar bestaan vandat sy as jong meisie gevange geneem is, agtereenvolgens deur drie eienaars besit [o.m. in ’n hawestad aan die ooskus van Afrika] en daarna deur ’n vierde man op ’n ontdekkingsreis deur Afrika geneem is. Na eers die drostery van die res van die geselskap en daarna die man se dood, bly sy alleen agter en woon uiteindelik in ’n kremetartboom waar sy deur klein mensies versorg en aanbid word en in haar ouderdom in verlatenheid versink.

Out of stock

SKU: FIKSIE.GER.009/7/19 Category:

Description

Human & Rousseau

Eerste uitgawe 1981

Hardeband met stofomslag boek in puik nuwe toestand. Klein skeur op voorkant van die stofomslag