Die lang generaal: die duistere politieke sluipmoorde van die ou Suid-Afrika deur Alan Elsdon

R350.00

Generaal Lang Hendrik van den Bergh, oudhoof van die Veiligheidspolisie en latere hoof van die destydse BOSS, was vir baie die mees gevreesde man in die ou Suid-Afrika. Hy was briljant – selfs internasionaal was hy ‘n gerekende figuur onder die Koue Oorlog-spioene. Tuis het hy ‘n skrikbewind gevoer en hierdie boek, deur ‘n oud-veiligheidspolisieman, verbind hom met verskeie opspraakwekkende moorde waarom daar vandag nog raaisels hang. Dit sluit in:

* Die sluipmoord op dr. H.F. Verwoerd

* Die dood van staatspresident Nic Diederichs

* Die dood van Steve Biko

* Die sluipmoord op Anton Lubowski

* Die sluipmoord op die NG-teoloog, professor Johan Heyns

4 in stock

Description

Alan Elsdon het hom in 1973 by die Suid-Afrikaanse Polisie aangesluit waar hy in verskeie hoedanighede gedien het. In 1978 word hy kriptograaf in die Veiligheidstak en tree op as die sleutelgetuie in Bisho se eerste ANC “Terroriste”-verhoor wat tot skuldigbevindings lei en gevangenis op Robben Eiland. In 1993 verlaat hy die polisie om ‘n loopbaan in die sekuriteitsveld voort te sit. Hy het in 2008 uit die DRK teruggekeer waar hy in sy beroepsveld in die hart van die oerwoud by ‘n diamantmyn betrokke was.

Die boek is ook in Engels beskikbaar onder die titel The tall assassin.