Die lang pad / Pieter Pieterse

R75.00

In Die lang pad (vertaal as Track of the dark dog) probeer Soon sy geld by oom Jors afvat, waarna oom Jors snaaks stil op die bank bly lê. Soon weet dis tyd om te gaan en hy, sy honde en die meisie met die mank been, Kleintjie, pak die lang pad vanaf Johannesburg na Mosambiek se kus toe aan, op soek na Soon se ma. Dit is winter en bitter koud en dan is die polisie ook nog op hulle spoor. Op hierdie reis leer hulle mekaar en die veld en natuurlewe ken , maar boweal leer hulle hulleself ken en aanvaar.

Met die lang pad het Pieter Pieterse weer ‘n verhaal geskep waar die mens gestroop word van alle dinge, en teen homself en die natuur te staan kom. ‘n Verhaal wat jong lesers lank sal bybly.

Out of stock

SKU: JEUG..CHA.053/6/20 Category:

Description

Tafelberg-Uitgewers

Eerste sagtebanduitgawe 1989

Boek in puik nuwe en skoon toestand