Description
‘n Skatkis van staaltjies
Namakwaland is bekend vir sy blomme, maar dit het een kenmerk wat selfs meer kleurryk is : sy mense.
Die lang pad terug is ‘n keur van staaltjies, vertellings en verhale (Storietjies’ noem hy hulle) deur Springbok se bobaas-storieverteller, Arno van Zyl. Die stories is nei net skreeusnaaks nie, maar kostelik en lewensgetrou. Dit handel oor mense, die meeste daarvan Namakwalanders, se alledaagse doen en later – op die plaas, in die dorp, by die kerk, op die skoolbanke en selfs in die hof. Van die hemelhings-dominee tot die hakkelende Dirk leer die leser baie van die mense van nader ken.
Die lang pad terug bied ‘n stewige dosis lekkerlag-medisyne wat ‘n mens opnuut waardering laat kry vir Suid-Afrika, maar veral vir Namakwaland en sy unieke mense.