Die leliemoordenaar / Lerina Erasmus

R190.00

Johannesburg, 1985. Twee boesemvriende, ondersoekende joernalis Braam Brink en weermagman Adam Williams ontmoet vir ontbyt by ’n plattelandse kafeetjie. Adam onthul sy rol as moordenaar vir die staat, maar voor Braam se artikel verskyn, word sy liggaam gevind. . .

Só begin Die leliemoordenaar, ’n verhaal wat afspeel in hedendaagse Johannesburg, maar wat begin gedurende die doodsnikke van die apartheidsregime tydens die tagtigerjare. Topspeurder Daniella Hector volg die spoor van ’n berugte reeksmoordenaar: hy slaan elke paar weke toe, en span sy web al hoe nouer. Wie was verantwoordelik vir die dood van Danny se pa, Braam?

Propvol warm intrige, spanning en onverwagse wendings.” –  Leon van Nierop

 

 

1 in stock

SKU: FIKSIE.MAR.020/5/22; FIKSIE-WAK.B.151/10/21 Category:

Description

Human & Rousseau

Eerste uitgawe 2016

Boek in sagteband so goed as nuut, een hoek van die sagteband effens gebuig.

Lerina Erasmus was getroud met Günter Schmikal en die egpaar het ’n seun, Stefan.  Die leliemoordenaar is haar eerste boek sedert Die Mannheim-sage. Haar laaste boek, Die sondes van die vaders het in 2019 verskyn en Lerina het die boek opgedra aan haar seun Stefan-Pieter Schmikal. Lerina Erasmus is 20 Augustus 1946 in Namibië  gebore en sterf 20 Augustus 2018 in Johannesburg op die ouderdom van 72 jaar. Sy was bekend as aktrise en skrywer.

Foto: Vrouekeur – 19/12/2016

(http://www.vrouekeur.co.za/bekendes/skrywers/lerina-erasmus)