Die lewe van Erasmus Smit / P.S. de Jongh

R110.00

Erasmus Smit, eerste leraar van die Voortrekkers, se lewe is nog nooit voorheen nagevors en wetenskaplik geboekstaaf nie. Trouens, dit is ‘n bekende feit dat die meeste van ons historici wat hulle met die Groot Trek as studietema bemoei, van Smit weggeskram het omdat hy so kontensieuse plek in die Groot Trek-tydperk inneem.

Wat hom so belangrik maak, is die feit dat hy ‘n buitelander was wat aan die Trek deelgeneem het en daarom nie eintlik as Voortrekker geklassifiseer kan word nie. Sy Nederlandse opvoeding het hom intellektueel heelwat bo die meeste Trekkers geplaas en hom bevoeg gemaak het om meer objektief oor dringende kwessies te oordeel.

Daarby het hy in die hoofstroom van die Groot Trek beweeg en al die hoofmomente van die Trek meegemaak. As swaer Gert Maritz en vertroueling van Piet Retief het hy die geleentheid gehad om persoonlik waar te neem wat in die binnekring van die Groot Trek-gemeenskap gebeur. Uit hoofde van sy posisie as leraar was hy intiem gemoeid met die ontplooiing van die Trek en die botsings tussen pioniersgeeste soso Hendrik Potgiere, Piet Uys en Gert Maritz…

 

Out of stock

SKU: BIO.FOL.002/6/19 Category:

Description

Hollandsch Afrikaansche Uitgevers Maatskappij

Eerste uitgawe 1977

Hardeband met netjiese stofomslag boek skoon en netjies en in puik toestand

Omslagontwerp Abdul Amien