Die meisiekind / T.C. Pienaar

R65.00

Die meisiekind waarvan hier vertel word, is anders as ander meisiekinders. Sonja hou niks daarvan om huisie-huisie te speel nie. O nee, waar die seuns is, daar wil sy ook wees – en hulle moet maak soos sy sê. Piekniek hou is vir haar baie lekker, en om met pyl en boog te skiet, is nog lekkerder.

Maar miskien is dit die heel lekkerste om met ‘n groot ou sambreel van ‘n windpomp af te spring – of dalk om pampoenspook te speel! In die groot ou bloekomboom op die plaas wil sy nie klim nie, want hy is darem te hoog. Maar dis darem baie lekker om die seuns aan te hits om so hoog te klim dat hulle nie weer kan afkom nie.

Die meisiekind is ‘n pragtige werkie wat deur die jonger kinders self gelees en geniet kan word. Dit is ewe geskik vir seuns en dogters.

1 in stock

SKU: JEUG.DON.007/23/7/19 Category: Tags: , ,

Description

JP van der Walt en seun

Eerste druk 1968

Hardeband met gekleurde voorblad sonder omslag

Illustrasies en stofomslagontwerp: Ingbrit Verster