Die moerasloper / Elsabe Steenberg

R85.00

Sewe jaar moes sy wag, het suster Deyssel gesê. Na sewe jaar sal sy haar sê wie haar buite-egtelike kindjie aangeneem het. En sewe jaar lank het die teenwoordige nie saak gemaak nie – nie die kaal woonstelletjie in die swak buurt nie, nie die vervreemding van haar familie nie, selfs nie Stefan se liefde nie. Want na sewe jaar sal sy hom sién, sal sy hom kén – haar seuntjie en Theuns s’n. Gebore uit hul eensaamheid, hul opstand, hul wanhoop.

Maar op sy sewende verjaarsdag het haar kind vroeg in die more gaan melk haal, het hy vry en onbevange gelag, het hy digby haar agter ‘n gordyn beweeg en het sy begin twyfel of sy die reg het om in sy lewe in te dring.

Delikaat soos haar tema is Elsabe Steenberg se hantering van hierdie verhaal van ‘n jong vrou se hunkering na haar kind. ‘n Hunkering wat maak dat die hede alleen draaglik is vanweë die herinneringe van die verlede en die gloeiende, verterende uitreik na die toekoms – die dag wanneer sy haar kind weer sal vind…

Out of stock

SKU: FIKSIE.GRO.005/2/19 Category:

Description

Uitgewer: Nasionale Boekhandel Beperk

Datum: Eerste uitgawe 1968

Toestand: Hardeband met stofomslag boek nog in baie mooi toestand.

Omslagontwerp: Helmut Starcke