Die olifantjagters / Piet van Rooyen

R80.00

Geen wind verraai die jagters nie. Die olifantbul stap koersloos aan in die laatmiddag. Slinger, ‘n Boesman, is die spoorsnyer, Bell Huger, ‘n Duitser, die professionele jagter en gids en Harris, ‘n Britste popster, die trofeejagter. Die vierde lid van die groep is ‘n skrywer. ‘n Boer, in diens van ‘n stigting wat met buitelandse geld die Boesmans in Namibië pas na onafhanklikheidswording wil ophef.

Hoe sinvol is die jag? Gaan hulle werklik met ivoor ‘n beter lewe vir ‘n groepie verwarde Boesmans skep? Die skrwyer en Huger is albei uitgewekenes va ndie samelewing – wil hulle dalk deur die olifant te skiet wraak neem op alles wat in hulle lewens verkeerd is, al kan dit ook uitloop op hul eie dood?

Skielik is hy net daar, omraam in rooi lig – Mazamesi. Soos ‘n berg: sy vel ‘n stuk asgrys woesteny, oortrek met diep, droë ravyne. Harris en Huger vuru skote af en almal wag dat Maxamesi moet val. Met die dood binne-in hom vlug hy egter dae, later weke lank voor hulle uit…

1 in stock

SKU: FIKSIE.DON.008/7/12/21 Category:

Description

Uitgewer: Tafelberg

Datum: Eerste uitgawe 1997

Hardebandboek met ‘n klein tippex-merk voorin die boek en ‘n effense voumerk op die eerste paar blaaie, maar boek lyk of dit nooit gelees is nie.

Omslagontwerp: David Jackson