Die perdedief / HJ Vermaas

R90.00

Op ‘n stormagtige nag in die Bosveld is ‘n vader wat sy siek kind na die dokter gebring het deur ‘n vol rivier voorgekeer. Die rivier was gevaarlik, en niemand wou dit waag om die kind te probeer deurbring nie. Maar toe kom daar ‘n vreemdeling in die herberg van die nabygeleë dorpie aan. Hy is ‘n perdekoper, sê hy, en sy perd is ‘n sterk swemmer. Hy het die kind veilig deur die rivier gebring en daarna die perd wat die heldedaad moontlik gemaak het, peperduur verkoop en dieselfde nag nog stilletjies verdwyn met die beste perd in die herberg se stal.

Dit is ‘n tipiese staaltjie uit die lewe van Jasper Kordier, die gewikste perdedief wat teen die einde van die vorige eeu oor die hele land weens sy perdediefstalle bekend was. Hy was ‘n vriendelike, goedige man wat aan menige mens ‘n weldaad bewys het, maar sy hartstogtelike liefde vir ‘n perd het veroorsaak dat hy nooit die versoeking kon weerstaan om ‘n mooi perd te steel nie. Sy verloofde se vader het ‘n pragtige asblou hings gehad wat hy nie aan hom wou verkoop nie. Kordier moes kies tussen die meisie en die versoeking om die perd te steel. Hy het die asblou hings gekies. Tog word vertel dat die meisie steeds op hom bly wag het…

 

1 in stock

SKU: JEUG.KLE.007/4/24; JEUG.NWR.004/2/20 Category:

Description

Tafelberg,

Vierde druk 1973

Hardeband met stofomslag met geringe verweer op die rugkant waar ‘n  plakker die verf afgetrek het.

Baie skaars boek