Description
Uitgewer: Griffel
Datum: 2009
Toestand: Sagteband in splinternuwe toestand
Omslagontwerp: Herman Dorfling
R110.00
Die ponies galop is ‘n binnevertelling deur die Sondag-joernalis Yolanda Barnard. Dit is ook ‘n outobiografie van haar lewe in die media oor ‘n tydperk van langer as vier jaar. Haar eie hartseer en vreugdes. Die moord op haar suster se verloofde. Hoe sy in die middel van die nag op die snelwer deur rowers aangehou is.
Geen ster word gespaar nie en sy neem die leser na die “agterkamer” met ‘n paar nuwe en skokkende onthullings. In haar bekende ondersoekende styl delf die skrywer in egte ponie-trant in die doen en late van die bekendes. Sy toon ook dat die sterre bloot ook maar mense is wat foute maak.
“n 250-bladsy-skindersessie. Goed geskryf, volgeprop op ‘n galop, jy kry hom nie neergesit nie.” – Hanlie Retief in Rapport.
Out of stock
Uitgewer: Griffel
Datum: 2009
Toestand: Sagteband in splinternuwe toestand
Omslagontwerp: Herman Dorfling